Dit
het my so 'n tyd terug laat dink om 'n alles-omvattende databasis te
skep, waarin ek slegs 'n naam hoef in te tik, en die komper dan vir my
sal kan sê of en waar ek die persoon kan terugvind in my databasis.
Nou
is dit miskien bietjie té ambiseus; ek het immers letterlik honderde
boeke. En na ek twee algemene geskiedenisboeke verwerk het, het ek besef
ek moet die ding anders aanpak.
Daar is drie of vier soorte boeke (volgens my) wat waarde het vir 'n genealoog (buiten geslagsregisters) :
1.
Outydse reisbeskrywings, waar die skrywer moontlik op 'n voorouer se
plaas oornag het, ens.. Selfde geld vir boeke oor 'n belangrike
gebeurtenis in die geskiedenis wat vanuit een persoon se oogpunt vertel
word.
2. Boeke oor gespesialiseerde onderwerpe.
As jou voorouers 'n wynboer, of 'n dominee, of 'n onderwyser, of ander
spesialis was (moontlik sonder dat jy daarvan weet) word hy/sy moontlik
genoem in skrywes oor (die geskiedenis van) sy vak.
3. Plaaslike geskiedenisboeke. Byvoorbeeld oor die geskiedenis van 'n spesifieke stad/kontrei.
4. Boeke wat oorspronklike dokumente bevat, byvoorbeeld dagboeke of onderhoude.
Met
bostaande ingedagte het ek weereens my boekrakke deurgekyk en besluit
op sowat 20 boeke wat ek dink aan die vereistes voldoen en hulle indekse
in 'n databasis verwerk. Dit het 'n wyle geduur.
Die skakel hiervoor is:
Die boeke wat verwerk is, is:
1. Belangrike Kaapse Dokumente: Memoriën en Instructiën 1657-1699
2. Belangrike Kaapse Dokumente: Uit die Raad van Justisie 1652-1672
3. Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Journal 1662-1670
4. Precis of the Archivesof the Cape of Good Hope: Journal 1699-1732
5. Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Letters Received 1695-1708
6. Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Letters Despatched, 1696-1708
7. Het Dagboek van Adam Tas (1705-1706)
8. De Kaap de Goede Hoop: een Nederlandse vestigingskolonie, 1680-1730
9. The Shaping of South African Society: 1652-1820
10. The Afrikaners: Biography of a People
11. Education in South Africa, 1652-1922
12. Geschiedenis van de Gemeente Swellendam 1798-1899
13. Reizen in Zuid-Afrika I, Tochten naar het Noorden: 1652-1686
14. Reizen in Zuid-Afrika II, Tochten naar het Noorden: 1686-1806
15. Reizen in ZA III, Tochten langs die ZO-kust en naar het Oosten: 1670-1752
16. Reizen in ZA IV, Tochten in het Kafferland: 1776-1805
17. Kaapse Wyn & Brandewyn 1795-1860
18. Geschiedenis, werken en streven van S.P.E Trichardt 1811-1907
19. Kerkelijk en Godsdienstig leven der Boeren na den Grooten Trek 1837-1914
20. De Boerenoorlog [1884-1902]
21. Oudstryder-herinneringe van die Anglo Boereoorlog (1899-1902)
22. Vereeniging [1892-1968]

Nie alle boeke het indekse gehad nie. Ek het met groot waardering
gebruik gemaak van die indekse deur Karel Schoeman, wat op Daniel Jacobs
se webwerf beskikbaar is (gendata.co.za).
Sommige ander boeke het reeds indekse gehad, terwyl ek vir die res self
indekse geskep het.
Ek is besonders bly oor my eie indeksering van
Oudstryders se herinneringe m.b.t. die oorlog (ses volumes). Dit was 'n
uiters emosionele taak, maar bevat baie waardevolle inligting. Ek hoop om in die komende weke stukkies daaruit hier te deel.
By die bronnelys word skakels verskaf vir boeke wat digitaal beskikbaar is, en inligting om dié wat nie is nie, op te spoor.
No comments:
Post a Comment