Showing posts with label Kaapkolonie. Show all posts
Showing posts with label Kaapkolonie. Show all posts

Friday, 17 August 2018

Indeksdatabasis

Soos baie ander stamboomondersoekers, wemel my fisiese en digitale boekkaste met geskiedkundige bronne. En telkens as ek inligting soek oor iemand, moet ál die bronne - of in ieder geval dié wat die betrokke tydperk dek - weer van vóór af deursoek word.

Dit het my so 'n tyd terug laat dink om 'n alles-omvattende databasis te skep, waarin ek slegs 'n naam hoef in te tik, en die komper dan vir my sal kan sê of en waar ek die persoon kan terugvind in my databasis.
Nou is dit miskien bietjie té ambiseus; ek het immers letterlik honderde boeke. En na ek twee algemene geskiedenisboeke verwerk het, het ek besef ek moet die ding anders aanpak.

Daar is drie of vier soorte boeke (volgens my) wat waarde het vir 'n genealoog (buiten geslagsregisters) :
1. Outydse reisbeskrywings, waar die skrywer moontlik op 'n voorouer se plaas oornag het, ens.. Selfde geld vir boeke oor 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis wat vanuit een persoon se oogpunt vertel word. 
2. Boeke oor gespesialiseerde onderwerpe. As jou voorouers 'n wynboer, of 'n dominee, of 'n onderwyser, of ander spesialis was (moontlik sonder dat jy daarvan weet) word hy/sy moontlik genoem in skrywes oor (die geskiedenis van) sy vak.
3. Plaaslike geskiedenisboeke. Byvoorbeeld oor die geskiedenis van 'n spesifieke stad/kontrei. 
4. Boeke wat oorspronklike dokumente bevat, byvoorbeeld dagboeke of onderhoude.

Met bostaande ingedagte het ek weereens my boekrakke deurgekyk en besluit op sowat 20 boeke wat ek dink aan die vereistes voldoen en hulle indekse in 'n databasis verwerk. Dit het 'n wyle geduur. 

Die skakel hiervoor is:


Die boeke wat verwerk is, is:
        1. Belangrike Kaapse Dokumente: Memoriën en Instructiën 1657-1699
        2. Belangrike Kaapse Dokumente: Uit die Raad van Justisie 1652-1672
        3. Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Journal 1662-1670
        4. Precis of the Archivesof the Cape of Good Hope: Journal 1699-1732
        5. Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Letters Received 1695-1708
        6. Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Letters Despatched, 1696-1708
        7. Het Dagboek van Adam Tas (1705-1706)
        8. De Kaap de Goede Hoop: een Nederlandse vestigingskolonie, 1680-1730
        9. The Shaping of South African Society: 1652-1820
        10. The Afrikaners: Biography of a People
        11. Education in South Africa, 1652-1922
        12. Geschiedenis van de Gemeente Swellendam 1798-1899
        13. Reizen in Zuid-Afrika I, Tochten naar het Noorden: 1652-1686
        14. Reizen in Zuid-Afrika II, Tochten naar het Noorden: 1686-1806
        15. Reizen in ZA III, Tochten langs die ZO-kust en naar het Oosten: 1670-1752
        16. Reizen in ZA IV, Tochten in het Kafferland: 1776-1805
        17. Kaapse Wyn & Brandewyn 1795-1860
        18. Geschiedenis, werken en streven van S.P.E Trichardt 1811-1907
        19. Kerkelijk en Godsdienstig leven der Boeren na den Grooten Trek 1837-1914
        20. De Boerenoorlog [1884-1902]
        21. Oudstryder-herinneringe van die Anglo Boereoorlog (1899-1902)
        22. Vereeniging [1892-1968]

Nie alle boeke het indekse gehad nie. Ek het met groot waardering gebruik gemaak van die indekse deur Karel Schoeman, wat op Daniel Jacobs se webwerf beskikbaar is (gendata.co.za). Sommige ander boeke het reeds indekse gehad, terwyl ek vir die res self indekse geskep het. 
 
Ek is besonders bly oor my eie indeksering van Oudstryders se herinneringe m.b.t. die oorlog (ses volumes). Dit was 'n uiters emosionele taak, maar bevat baie waardevolle inligting. Ek hoop om in die komende weke stukkies daaruit hier te deel.

By die bronnelys word skakels verskaf vir boeke wat digitaal beskikbaar is, en inligting om dié wat nie is nie, op te spoor.

Thursday, 27 October 2016

Skeepsoldyboek: Huis te Zilverstein


Die vroegste rekord wat ons van Joost en Burgert, die Van Dyk-stamvaders, het, is hul inskrywings in die Grootboek van die Huis te Zilverstein, die skip waarmee hulle na Suid-Afrika gereis het. Skanderings van hierdie boek is onlangs beskikbaar gemaak op die webwerf van die Nederlandse Nationaal Archief. Toe ek reg aan die begin van die jaar (2016) die stukke wou insien daar, is ek reeds vertel dat ek sal moet wag, omdat hulle besig is om al die VOC-stukke in te skandeer.

Dus moes ons vir 'n lang tyd tevrede gewees het met die inligting wat reeds op hulle webwerf verskyn het:

Voornaam opvarende Joost
Achternaam opvarende Pietersz:
Herkomst opvarende Isberg
Datum indiensttreding 24-05-1686
Functie bij indiensttreding Soldaat
Uitleg over functie Militair
Uitgevaren met het schip Huis te Zilverstein
Datum uit dienst 1690-12-28
Waar uit dienst Kaap de Goede Hoop
Reden uit dienst Vrijburger
Uitleg over reden einde dienstverband Dit wordt ingevoerd als de laatste post vermeldt dat de opvarende vrijburger wordt. Soms wordt een opvarende vrijburger en treedt daarna weer in dienst. Als een opvarende vrijburger wordt en de datum van overlijden wordt gegeven, staat dit bij opmerkingen.
Opmerkingen 1718 overleden
Schuldbrief Ja
Maandbrief Nee
Bronverwijzing Nummer toegang: 1.04.02, inventarisnummer: 5342, folionummer: 222

Voornaam opvarende Burgert
Achternaam opvarende Peters
Herkomst opvarende Isberg
Datum indiensttreding 24-05-1686
Functie bij indiensttreding Soldaat
Uitleg over functie Militair
Uitgevaren met het schip Huis te Zilverstein
Datum uit dienst 1690-12-28
Waar uit dienst Kaap de Goede Hoop
Reden uit dienst Vrijburger
Uitleg over reden einde dienstverband Dit wordt ingevoerd als de laatste post vermeldt dat de opvarende vrijburger wordt. Soms wordt een opvarende vrijburger en treedt daarna weer in dienst. Als een opvarende vrijburger wordt en de datum van overlijden wordt gegeven, staat dit bij opmerkingen.
Opmerkingen 1720 overleden
Schuldbrief Ja
Maandbrief Nee
Bronverwijzing Nummer toegang: 1.04.02, inventarisnummer: 5342, folionummer: 223


En hier moet ek weereens my dank betuig aan die uitstekende openarch.nl, sonder wie se gevorderde soekfunksie ek selfs bostaande rekords miskien nooit sou kry nie. (Ek was immers op soek na twee broers met die familienaam van Dyk, wat in 1691 na die Kaap gereis het, soos vertel deur die 1975-Geslagsregister van die Broers Joost en Burgert van Dyk.)

Hier onder volg die digitale kopieë van die skeepsoldyfolio's, met transkripsie en verduideliking. Met 'n baie groot dankie aan Elmien Wood en Corney Keller, wat my beide baie gehelp het met die transkripsie en met die agtergrond van die inhoud.

Ek behandel eers Joost s'n, daarna dié van Burgert. Kliek gerus op die foto's om 'n groter weergawe te kry.



folio 222a

Maij
24
Aen d: E: Comp: over 2/m gagie @/9:- smaents
1..f+
  18   -    -

    •  
Aen d: E: Comp: over schult aen Jurgen Meijer
1..+
150   -   -

    •  
Aen kisten over 1 stuck
241..+
     4    7   -

    •  
Aan bultsacken over 1 stuck
242..+
     1  10   -
Junij
10
Aen hemden over 2 stucx
239..+
      4    6  -

    •  
Aen cousen over 1 paar wolle
238..+
      -   12  -

    •  
Aen ditto over 1 paar linne
238..+
      -   10  -


Somma

  179   5   -





1687
xber
f8 betaelt ae marritie martens wegens de schult
vold: op fo 235

f8
1688
9ber
f34 betl aen marritje martens wegens d'schult voldaen op fo 259

f34
1689
decemb
f58 _ op dato beaelt aen marrijtje marttens wegens
de f150_schult voldaen indese op .............................................f259


f58
1691
Januarij
f30 betaelt aen marritie martens sijn acts
vold: op fe(?)                                                                                         259:


30
1692
30 Sept
f12:2:8 betaelt aen Marritje Martens sijn acts borge
Adriaen Cuiper camerbode
(handt: Marritje martens) (hand: A. Cuiper)

12.2.8

  folio 222b
Septem
24
pe: d: E: Compagnie over 4/m gagie a_f 9:- smaents bij hem ver-
dient zedert den 24 Maij dat uit Texel zijn uitgesijlt tot
dato deses dat (gode loff.) aen Cabo de bonne Esperance arrij-
verende en aldaer door ordre d' E: Commandeur vander Stel
aen Land gaet..........................................................................




1..+

--
p:re: d'E: Comp: soo veel pe: Zlot te quaet blijft
1..+



Somma




1686
ulto (xber)
over 3/m 6d aende Caep fo183 Lqt
f142.0.4 cont
1687
ulto d:o
over 12/m op d:o fo 129 Lequade
f108.2.cont
1688
ulto ditto
over 12/m op ditto f89: teqt
f50-5-ct
1689
ulto ditto
over 12/m fo71 teqt in leening
f20-2-ct
1690
15 feb:
over 1.5/m op Ditto, dat sijn gagie afgeschreven wordt
                                                              fo 63 teqt
Is 28 xber vrij geworden

7:17:5 (of 8)
1718
1 Feb
overleden, testament gemaekt hebbende
en eenige kinderen naelatende, per Caepsvrijn: fo71


Vooraf, 'n kort uitleg van die geld wat hulle gebruik het. Die Nederlanders het die gulde gebruik: die naam was afkomstig van "gulden florijn", oftwel "goue floryn" en die valutateken was ƒ. 'n Gulde was in die 17de eeu verdeel in 20 stuiwers en 8 duite: 20 stuiwers was gelykstaande aan 1 gulde; 8 duite was gelyk aan 1 stuiwer (dus was 8x20 - 160 duite gelyk aan 1 gulde).

'n Bedrag is dus dikwels genoteer as ƒ12-2-8, oftwel 12 gulde, 2 stuiwers en 4 duite. Aldus die Internationaal Instituut voor Sociale Geschiedenis, het ƒ10 in 1686 ongeveer dieselfde koopkrag gehad as €110 euro vandag in Nederland - of R637 in Suid-Afrika. Dus wat mens vandag vir €110 in Nederland of R637 in Suid-Afrika kan koop, sou mens destyds vir ƒ10 kon koop. Alle bedrae onder word ook in Euro en Rand gegee (met verwysing na koopkragpariteit)

Joost Pietersz. van Isberg, Soldaat, debiet

Op die 24ste Mei 1686 het Joost die volgende skuld opgeloop:

• twee maande salaris (twee keer 9 gulde, ongeveer = koopkrag €100 / R579 per maand). Hierdie geld het hy gekry die dag wat hy by die V.O.C. aangesluit het en het dit as't ware dus aan die V.O.C. geskuld tot hy dit afgewerk het.

Dit is hier duidelik dat 'n loopbaan as V.O.C.-soldaat werklik iets was waarvoor slegs die wanhopigstes of avontuurlustigstes hulself opgegee het. Die vergeleke loon is sowat R579 per maand - aansienlik minder as die R1805 wat die minimumloon van 'n sekuriteitswag in Suid-Afrika is (een van die slegsbetaalde werke in SA).

• Die volgende skuldbedrag is ƒ150 (€ 1675,71 / R9696,69). Hierdie bedrag was hy skuldig aan die persoon wat hom akkommodasie voorsien het voor sy reis na Suid-Afrika...

Zielverkopers of slaapbazen was mense wat werklose en wanhopige mense gehuisves het tot tyd en wyl hul skepe vertrek het. In ruil daarvoor het 'n matroos of soldaat 'n deel van hul geld en 'n skuldbrief afgestaan.  Hierdie skuldbrief is ook genoem 'n transportbrief, of schuldcedule/transportcedule. Hierdie cedule is weer vereenvoudig tot ceel. Die slaapbase het dikwels hierdie skuldbriewe verkoop aan ander (wat die skuld kon inwin) en het bekend gestaan as ceelverkopers wat dan weer verbaster is tot zielverkoper. Aldus Corney Keller het die zielverkopers die skuldbriewe verkoop teen 'n gemiddelde markprys van ƒ80 (moontlik denkende dat ƒ80 nóú beter is as ƒ150 wat waarskynlik eers oor 'n paar jaar terugbetaal sou word, indien ooit - baie seeliede het byvoorbeld gesterf voor hul skuld afbetaal is). ƒ150 is sowat 17 maande se salaris vir 'n V.O.C.-soldaat.

Hierdie sielverkopers het nie 'n goeie reputasie gehad nie. Daar is verhale van jongmans wat soggens wakker geword het en dan uitgevind het hulle is opgesluit in die kelder tot die dag wat die skip gevaar het, of dat hulle uitgehonger word en dan ellendig en "uitgemergeld" aan boord gaan (wat daartoe lei dat sommige nie die reis oorleef het nie).

Nie álle sielverkopers was sleg nie, daar is ook verhale van goeie slaapbase, wat genoeg kos voorsien het. Soos byvoorbeeld koffie en witbrood met kaas vir ontbyt, in die middag twee geregte met bier, in die namiddag tee en dan soetmelk (warm of koud), witbrood en vis/eiers met groentestamppot.

Was Jurgen Meijer, die slaapbaas van Joost (en Burgert) bloot 'n mensehandelaar, of het hy ook goed vir sy inwoners gesorg? Dit weet ek (nog) nie. Elmien Wood vertel dat ƒ150 'n standaardbedrag was vir matrose en soldate.

Die volgende bedrae in die boek was sy uit- en toerusting waarvoor hy self moes betaal, gewoonlik met geld wat hy van die Kompanjie geleen het. In Joost se geval het hy die volgende moes betaal:
• 'n kis (waarskynlik om al sy goed in te bêre), teen 4 gulde en 7 stuiwers, oftwel ƒ4-7-0 (€52,51/R303,86)
• 'n "bultsak" - 'n skeepsterm vir matras, teen ƒ1-10-0 (€12,29/R71,12) Aldus Elmien Wood het die V.O.C. die matrasse ná die sewentiende eeu verskaf, sodat die matroos nie self een moes aanskaf nie.

Op 10 Junie, terwyl hulle op reis was, het hy ook nog die volgende teen skuld gekry:
• twee stuks hemde, teen ƒ4-6-0 (€51,39/R297,37)
• 1 paar wolkouse, teen  ƒ0-12-0 (€ 1,34/R7,75 ZAR)
• 1 paar linnekouse, teen ƒ0-10-0 (€ 1,12/R6,48)

Dus het Joost, voordat hy voet aan wal gesit het in Suid-Afrika, reeds ƒ179-5-0 skuld gehad. Dis nou sowat € 2005,27 of R11 603,73 in vandag se geld.

Onderaan kan ons sien wanneer hy al die geld terugbetaal, ƒ8 in 1687, ƒ34 in 1688, ƒ58 in 1689, ƒ30 in 1691, en dan die laaste ƒ12-2-8 in 1692. Dit is hier ook duidelik dat Jurgen Meijer sy skuldbrief deurverkoop het aan Marritie Martens (of dat sy vir hom gewerk het en hy haar volmag gegee het om die geld in te win).

Op 30 September 1692 teken beide Marrijte Martens en Adriaen Cuiper (namens die V.O.C.) om te bevestig dat die skuld afbetaal is.

Op die volgende bladsy verskyn die datum en plek van Joost se uitreis (24 Maij ... uit Texel). Daar staan ook dat "Commandeur vander Stel" reeds die bevel gegee het dat hulle aan land moes gaan. Waarskynlik het Van der Stel vooraf aan die V.O.C. deurgegee hoeveel manskappe aan die Kaap benodig word (die res sou deurgaan na Indonesië). Of die soldate vooraf kon kies waarheen hulle sou gaan en of hulle willekeurig 'n bestemming aangewys is, weet ons nie. Siende dat Joost en Burgert beide vir die Kaap gemerk is, kan beteken dat hulle ten minste gevra het om beide na dieselfde plek te gaan. Ek vermoed, gebaseer op die feit dat slegs 'n klein breukdeel van die bemanning aan die Kaap gebly het en dat hierdie persone se inskrywings in die skeepsoldyboek nie op mekaar gevolg het nie, dat hulle óf aangegee het dat hulle na die Kaap wil gaan, óf ingestem het om daarheen te gaan toe hul gevra is.

Die eerste bedrag, ƒ36, is sy maandelikse salaris wat hy verdien het tydens die reis na die Kaap.

Die tweede bedrag is wat hy nog skuldig is teen 24 September, met hul aankoms aan die Kaap: ƒ143-5: dus is die ƒ36 alles weer mooi teruggeneem om die ƒ179-5-0 skuld te begin afbetaal. Die woorde "te quaet" oftewel "te kwaad" beteken dat die Kompanjie hom nog die geld moet gee.

Die volgende is die jaarlikse boekhouding van wat hy as soldaat in diens van die V.O.C. verdien het. Die finansiële jaar het geloop van 1 September tot 31 Augustus die volgende jaar. Die voorlaaste inskrywing is in 1690, waarin ook staan dat hy op 24 Desember 1690 'n vryman geword het (x = 10 = decem in Latyn +ber).

Die laaste inskrywing is om sy afsterwe te vermeld, op 1 Februarie 1718: hy het 'n testament gemaak en 'n aantal kinders nagelaat (per die Kaapse vryboek).  Voordat ek hierdie skeepsoldyboek onder oë kon kry, het ek slegs kon gis oor die datum van afsterwe - êrens tussen 28 Januarie 1718 (toe hy sy testament opgestel het) en 15 Junie 1718 (toe sy eiendom geïnventariseer is).

Nou vir Burgert se inskrywing:



Maij
24
Aen d'E:comp: over 2/m gagie @/9 - smaents
1..+
18   -   -

    •  
Aen d'E:comp: over schult aen Jurgen Meijer
1..+
150   -   -

    •  
Aen kisten over 1 stuck
241..+
4    ,   -

    •  
Aen bultsacken over 1 stuck
242..+
1 10   -


Somma

173  17   -





1688
12 Januarij
21 betl: aen Trijn Jans sijn act:s borge
B Weseman Camerbode
(handt: Trijentje Jans) (hand: B Weseman)

f21-
1688
24 9ber
43:- betaelt aan Johannes (S)iebout wegens de Schult borge (C:t) Barentsz Camerbode
(handt: Johannes Siebout) (handt: Barentsz)

f43a-
1689
21 (maand?)
betl aen Catalijna van Goch wegens
de Schult, borge C: barentse Camerbode
(handt: Catalijna vangoch)(handt: Barentsz)

f74-

1691
3 Jannuw
f12 op dato betaelt aen Catalyna v goch tot
voldoeninge vande f150- schult borg B Weseman
(handt: catelijna van Goch) (handt: Bweseman)

f12
971
no 295




 
September 24
P:r
d E: Comp: over 4 maenden a f9:- smaents bij hem verdient
zedert den 24 Maij dat uit Texel zijn uitgeseijlt tot dato deses
dat (gode loff) aan Cabo de bonne Esperance arrijverende
en aldaer door ordre van d' E: Commandeur vander Stel aen
Land gaet




1..+




   36    -    -
-
P:r
d' E: Comp: soo veel pe:r Zaldo te quaet blijft
1..+
137  17   -


Somma

173  17   -





1686
ulto xber
aende Caeb over 3/m 6d: a fo182 Lqt 129.2.4.cont.


1687
    • xber
Over 12/m op Ditto f:io 129 te q:t f85:12:4 ct


1688
ulto ditto
over 12/m op ditto . . . . f88 te qt . . . . f11-10-4ct
f150-wegens d ingediende schult
f150-

1689
    • ditto
f9-15-12 rest van 12/m op ditto
f70f
9  15  12
1690
15 feb
f12:4:8 rest van 1.5/m op ditto, dat sijn gagie afgeschreven wordt
fo 62f
12:4:8


Is 28 xber vrij geworden


1718
ulto aug:o
continuicht per caepsvrijboek fo 3-


1719
---- d:o
---------                                            " 3


1720
----9:o
-------------------------------------------"3




1720 9 Julij als vrijman aende Caep sonder testament te maaken, vrouw en kinderen nae laetende overleden



Burgert Peters v. Isberg, Soldaat, debiet

Burgert se eerste inskrywings lyk baie op dié van Joost: weereens die twee maande loon, 'n skuldbrief van ƒ150 aan Jurgen Meijer en 'n kis en matras. Blykbaar het Burgert reeds klere gehad. Of het Joost miskien klere vir hul beide gekoop? Hy het immers twee hemde en twee paar kouse gekoop.

Soos by Joost, is ook Burgert se skuldbrief moontlik verkoop: eers aan Trijn Jans, daarna aan Johannes Siebout en daarna weer aan Catalijna van Goch. In hierdie geval is dit egter waarskynlik dat hulle almal werknemers was van Jurgen Meijer, aangesien die laaste persoon, Catalijna van Goch, Jurgen Meijer se vrou was (met dank aan Corney Keller wat dit uitgewys het). Dit is ook moontlik dat die skuldbrief wel verkoop was, en dat Catalijna en Jurgen dit uiteindelik weer teruggekoop het.

Die tweede bladsy lyk ook op dié van Joost, met dieselfde verklaring vir die inskrywings. Weereens word hier vermeld dat ook Burgert op 28 Desember 1690 'n vryman geword het.

Die laaste inskrywing vermeld sy afsterwe: 9 Julie 1720, sonder testament en hy laat 'n vrou en kinders agter.

Buiten al die bostaande inligting, bied die skeepsoldyboek moontlik baie meer inligting. Daar is ook ander inskrywings gemaak tydens die reis, wat meer oor hul reis self vertel. Is daar ook iets te leer uit die vergelyking van soldate wat almal na die Kaap gereis het? Of vergelyking van soldate wat almal by Jurgen Meijer gelogeer het? Miskien kan mens iets meer leer deur Jurgen Meijer self na te vors? Of die Kaapse Vrijboek waarna die skeepsoldyboek verwys? Ons sê nie verniet dat in stamboomondersoek, elke antwoord weer tien nuwe vrae meebring nie!

Thursday, 3 December 2015

Vorderings

Die afgelope tyd het ek minder aandag aan die Stamboom kon spandeer as wat ek sou wou. Buiten die gewone chaos wat my lewe regeer, is ek ook besig om die komende familiebesoek te beplan. Ek het ook begin om 'n aantal mense op die SA Genealogie-poslys te help met hul soektogte (waarin ek snaaks genoeg meer en makliker vordering maak as my eie), wat natuurlik ook tyd in beslag neem.

(Anna) Maria Pieterse van Dijk.  

Ek is nog altyd opsoek na die verkeerdelik aangehaalde "MOOC 15/1 anno 1714", waarin daar blykbaar verwys word na Jan Bastiaanse se vrou as Maria Eli. Ek was optimisties dat dit moontlik in Catharina Greeff se 1714 testament sou wees. Burgert is met Anna Greeff getroud, wat 'n suster genaamd Catharina gehad het. Maar dit was nie raak nie.

Ek gaan nou probeer om langsamerhand ál die 1714-testamente te deursoek, asook dié van die betrokke persone, byvoorbeeld Jan Bastiaanse, Anna Maria de Leeuw (haar skoonma), ens. Sommiges is al reeds bestel, maar die Kaapse Argiewe het 'n maandelikse beperking van 20 bladsye per persoon. Dit is sowat 4-6 dokumente. Hierdie gaan duidelik 'n langtermynprojek wees.

Joost Pietersz. van Dijk

Nog altyd besig met die doopregisters van verskeie Isberg-agtige dorpies. Sal my vorderings daarmee later meer toelig.

Joost was 'n soldaat in diens van die VOC aan die Kaap tussen 1686 en 1691. As hy in die tyd uitgehuur is as kneg aan 'n vryburger, behoort daar 'n kontrak te wees daarvan by die Kaapse Argiewe. Ongelukkig is daar vir hierdie kontrakte slegs die vryburgers se name geïndekseer, en nie die knegte s'n nie, dus sal ek ál die kontrakte moet deursoek. Op die argiewe se soekenjin verskyn daar egter geen kontrakte vóór 1692 nie. Een van die poslyslede, Johan van Breda, wat my ook Catharina Greeff se testament gestuur het, gaan vir my uitvind daaroor. Aan die een kant hoop ek dat daar geen soldate as knegte uitgehuur is voor 1692 nie - dit sal my 'n hoop werk spaar.

Ons het 'n DNS-toets bestel wat hopelik meer lig sal werp op die haplogroep waaraan die Van Dyk's behoort (en uit watse deel van die wêreld Joost van stam).

Ons gaan ook in Desember op besoek by Texel, waarvandaan Joost en Burgert geseil het. Hierdie word my V.O.C.-vakansie.

Van Vuren

Ons gaan ook in Desember op besoek by Vuren, waarvandaan die Jansen van Vuuren-stamvader kom. Kiekies en verhale volg.

Doodloopstrate

Terselfdertyd sukkel ek ook nog met die volgende doodloopstrate in die stamboom. Ek het al kontak opgeneem met verskeie argiewe en persone, in sommige gevalle sonder sukses, in ander gevalle wag ek nog.

  • Magdalena Elisabeth Droskie (c1830-1911). Oumagrootjie van my oupagrootjie, Izak Matthys van Dyk.
  • Johan Adam Roos (1854-1873). Oupa van Oumagrootjie Tina van Dyk (née Nel).
  • Aletta Catharina Jansen van Vuuren (1816-1877?). Oumagrootjie Tina se een oumagrootjie
  • Johannes Hendrik van Wyk. Ouma Anna se pa. Sy pa was vermoedelik ook Johannes Hendrik van Wyk.
  • Johan Hendrik Breytenbach 1876-1926. Oumagrootjie Alida se pa. Ek het onlangs 'n sterfkennis van hom ontvang met die name van sy ouers: Izak Johannes Breytenbach en Elisabeth Maria Schoeman. Maar hulle is tot dusver ook doodloopstrate.
  • Jacomina/Jacoba Christina van Niekerk (1793-?). Schalk Willem Burger se Ouma aan vaderskant. Sy is ook Ouma Desiree Schoeman se oeroumagrootjie.
  • Magdalena Elizabeth de Villiers (1813-?). Ouma Alida se oer-oumagrootjie.
  • Petrus Johannes J. van Vuuren (?-1966) 
  • Miriam Pienaar (1908-1985)
  • Die Skotte en Engelse aan moederskant blyk ook nog steeds baie moeilik te wees om na te vors, voor hul koms na Suid-Afrika.

De Swart

Ek help ook 'n vrou met die navorsing van die stamvader Guillaume, oftewel Willem, de Swart. Hy is as 12-jarige reeds na die Kaap. Gewoonlik is slegs weeskinders só jonk toegelaat. Ek gaan vir die vrou 'n besoek bring aan die weeshuis se argief by Bergen op Zoom, waar hy gebore is, om te kyk of hy inderdaad daar was. Jammer genoeg is daar nie 'n De Swart in ons stamboom nie (sover ek kan sien - groot dele is natuurlik nog nie ingevul nie). Dis nietemin 'n baie interessante verhaal.

Tuesday, 3 November 2015

Opgedateer: Joost van Dijk (c1663-1718)

Ek het vandag Joost se inskrywing opgedateer. Daar is nog 'n aantal vrae wat ek hoop om in die toekoms te kan beantwoord, maar vir eers bied onderstaande 'n goeie blik op die wel en wee van ons stamvader.
In die toekoms wil ek nog kyk na:
  • Waar is Joost gebore en getöe?
  • Wat het hy van 1686-1690 in diens van die V.O.C. aan die Kaap gedoen?
  • Hoekom het hy en Helena nie kon trou nie?
  • Waar was die Ganse Craal presies geleë?
  • Hoekom is sy besittings verkoop?

Friday, 16 October 2015

Wie was Anna Maria Pieterse van Dijk?


Aldus J. H. van Dyk se Geslagsregisters van die broers Joost en Burgert van Dyk:

In 1691 het Jan Pietersz. van Dyk met sy twee jong seuns, Joost en Burgert en 'n dogterjie, Anna, uit Ysenberg (Izenberge) in Vlaandere hier aangekom.(p1)

Hierdie bewering blyk egter byna geheel en al foutief. Joost en Burgert het reeds in 1686 as soldate van die V.O.C. met die Huis te Zilverstein na die Kaap gekom. Van hul vermeende vader, Jan Pietersz., word nêrens melding gemaak in enige van die beskikbare dokumente nie - ek kon geen monsterrol, testament, boedelinventaris, resolusie, ens. vind met sy naam in nie. Vermoedelik het verwarring ontstaan met Jan Jacobsz. van Dijk, wat geen verwantskap gehad het met die twee broers nie.

So ook, is daar 'n aantal vrae rondom die 11-jarige Anna.

Daar is op die gegewe doopdatum vir Anna (p.285), 1680.03.29, geen meisie met die naam Anna, Maria of iets soortgelyks in Izenberge, Wes-Vlaandere, gedoop nie. In feite is hierdie doopdatum nié die van Anna Maria van Dijk nie, maar van Anna Jans/Cornelisz.(1) wat in 1700 met Jan Jacobse van Dijk getroud was(2). Weereens is hier verwarring, aangesien daar in 'n enkele geval na Jan Jacobse se vrou verwys word as "Anna van Dijk".(3)

Die Maria Pieterse van Dijk wat op 18 Februarie 1714 met Johannes Bastiaanse (die seun van stamvader Frans Bastiaans) getroud is, was op die dag egter 'n "jongedogter" (10) en geen weduwee nie - veral nie aangesien Barentse Sieker (Anna Jans se tweede man) teen hierdie tyd nog springlewendig was nie.

Dus is daar 'n duidelike onderskeid tussen die lewenslope van Maria Pieterse en Anna Jansz. Maar was Maria Pieterse Burgert en Joost se suster? Ek glo dat die broers alleen na die Kaap gereis het en, indien hulle enige susters gehad het, geen van hulle ooit hul broers na die Kaap gevolg het nie.

Die beskikbare dokumente laat wel blyk dat Maria Pieterse van Dijk 'n kandidaat is vir Burgert Pieterse se buite-egtelike kind met Maria Matthysz. Eli.

Maria Matthysz. Eli was vir 'n tydperk in die eerste helfte van die 1690's werksaam as skoonmaakster of iets dergeliks by Burgert Pieterse van Dijk.(4)  Sy was die vrou van Johannes Ryckman, maar het in 1694 'n buite-egtelike kind gehad, wat gedoop is as Maria(5) en in een ander geval genoteer is as Maria Eal.(8) Vergelyk dit met 'n onbekende MOOC-dokument van 1714, waarin daar na Jan Bastiaanse se vrou, Maria Pieterse van Dijk, verwys word as "Maria Eli".(6)

Dat Maria Pieterse van Dijk en Maria Eli dieselfde persoon was, is ook deur J. Hoge aangeneem. In sy Bydraes tot die Genealogie van Ou Afrikaanse Families (1958, p.15) noem hy dat Maria Matthys Eli familie was van Burgert Pietersz., maar noem haar Burgert se "nig". Hy haal egter geen bron aan vir die bewering van hierdie verwantskap nie, maar vermoed ook dat Maria Matthys Eli se dogter, Maria Eli,  "waarskynlik die van Van Dyk aangeneem het omdat sy familie van Burgert Pietersz van Dyk was".

Hier volg 'n beknopte lewensloop van Maria Pietse en Anna Jansz., gebaseer op gevonde rekords. Let op die gegewe naam in elke rekord.




(Anna) Maria Pietersz van Dijk
Anna Jansz./Cornelisz. (van Dijk)
1680

Gebore
Anna
dogter van Jan Cornelis Bombam en Catarina Harmens
te Kaapstad
gedoop 1680.03.29 (1)
1694
Gebore
Maria
kind van Maria Matthijsse
te Kaapstad
gedoop 1694.09.05 (5)

1700

Getroud 1
met Jan Jacobsz van Dijk (2)
1702

Monsterrol
as Annetje Jansz, weduwee van Jan Jacobsz van Dijck (6b)
1706

Getroud 2
Anna van Dijk
met Barentse Sieker
te Stellenbosch
op 1706.11.07(3)
1708

Doopgetuie
Anna Cornelis saam met haar man,
Jan Barentsz Siechard
te Stellenbosch
op 1708.29.04 (7)
1712
Doopgetuie
Maria Eal
by die doop van Daniel Strydom
te Stellenbosch
op 1712.05.29 (8)

1713

Monsterrol
as Jan Barentse & Anna Janse (9)
1714
Getroud
Maria Pieterse van Dijk (jongedogter)
met Johannes Bastiaanse
op 1714.02.18
te Stellenbosch
(10)

1714
Verwysing na Jan Bastiaanse se vrou as
Maria Eli.(6)

1716
Geboorte van kind van
Anna Maria Pieterse van Dijk en
Johannis Bastiaanse
-
Francois Bastiaanse
te Drakenstein
gedoop 1716.02.16 (11)

1718

Geboorte van kind van
Maria Pieterse en
Johannis Bastiaanse
-
Johannis
te Drakenstein
gedoop 1718.04.17 (12)


1721
Testament opgestel van
Maria van Dijk en
Jan Bastiaansz (13)


1723
Oorlede, aldus 'n notisie #5 van C73, pp86-88, wat die volgende verwysing aanhaal: M.O.O.C. 7/3, Testamenten, 17211725, no. 64

1726

Doopgetuie
Anna Jans, saam met haar man
Jan Barentzen Sigger
te Stellenbosch
op 1726.11.24 (14)
1733

Monsterrol
as Jan Barends Sigger en Anna Cornelisz (15)
c1741

Getroud 3
Hierdie huwelik word aanvaar gebaseer op 'n gesamentlike testament wat op 1742.01.14 geskep is deur
Anna Cornelisz van oud Beyerland en
Bernardus van Biljon (16)
1742

Gesterf
ongeveer November 1742 (16)

  Verder nog: die enigste keer waarna Maria as Anna Maria verwys word, is op die doop van haar seun Francois, op 1718.04.17. As mens egter in aanmerking neem dat die enigste getuie haar skoonmoeder was, met die naam Anna Maria Pieterse de Leeuw, kan mens sien hoe die pastoor maklik verward kon raak toe hy die name genoteer het.(11) In geen ander rekords word daar na haar as "Anna" verwys nie, maar slegs "Maria".

Daar was dus eintlik nooit 'n Anna van Dijk wat familie was van Joost en Burgert nie, maar slegs 'n Maria. En dit wil lyk asof sy geen suster was nie, maar Burgert se buite-egtelike dogter, wat voor haar troue toestemming van haar pa gekry het om sy van te dra.

Bronne:
1) Kaapstad-dooprekords, 1680: 29 dito (Mart) /Anna /Jan Cornelis Bombam en Catarina Harmens . Verkry van die getranskribeerde rekord te www.eggsa.org/sarecords http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-ngk-1665-to-1695/66-cape-town-baptisms-1680>

(2) Alhoewel geen trourekord vir die twee gevind is nie, kom hulle gesamentlik voor in die monsterrolle en stel hulle in 1699 gesamentlik 'n testament op (1/STB 18/1 - 3), soos genoteer op die webwerf van die First Fifty Years Project. http://www.e-family.co.za/ffy/g7/p7310.htm .

(3) Stellenbosche trouregister 1705-1707 (kopie van oorspronklike dokument). 1706. 7e Nov. Jan Barentse Sieker, met Anna Van dijk.  http://eggsa.org/transcriptions/stellenbosch/g7-1/G2-7-1-03.jpg

(4) MOOC 8/1.31.  "Inventaris der goederen nagelaten bij Maria Matthysz Eli, eertijds huijsvrouw van Johannes Rigman geweesen baasthuijnier soo als deselve door Burchert Pietersz vrijhoutkapper (wiens meijt sij is geweest:) aan de Weeskamer sijn overgelevert, bestaande in als volgd namentlijk…"

(5) Kaapse doopregisters 1694: dito (5 September) een kind van Maria Mathijsse, genaemt
Maria, getuijgen Jesaias Machielse en Catharina Smith.  Verkry van die getranskribeerde rekords te:
http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-ngk-1665-to-1695/64-cape-town-baptisms-1694

(6) Aldus J. Hoge in Bydraes tot die Genealogie van Ou Afrikaanse Families (1958) word daar in "MOOC15/1, anno 1714" na Johannes Bastiaansz se vrou as "Maria Eli" verwys. Daar is egter nie 'n MOOC-dokument met hierdie nommer nie, dus het hy waarskynlik sy bron verkeerd genoteer.

(6b) Kaapse Monsterrol 1702. Verkry uit die getranskribeerde rekord te:
 http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/muster-rolls/cape-archives-vc-copies/20-cape-muster-roll-of-1702

(7) Johanna Elisabeth, Gedoop: 29 Apr 1708, Vader: Robbert Janse, Moeder: Katrina Cornelis, Getuies: Barentsz Siechard, Anna Cornelis. Bron: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Stellenbosch, Doopregister, 1688-1732, p. 50 (41).  NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G2 4/1. Getranskribeer deur Ockert Malan, Lorna Newcomb e.a.


(8) Stellebosche doopregister 1712, lae-resolusie kopie van oorspronklike dokument beskikbaar op http://www.e-family.co.za/ffy/e1169.htm. 1712: Daniel, de vader Matthys Strydum, d'Moeder Elisabet Nortie, getu: Joost Strydum, met Maria Eal. 29 Meij 1712.

(9) Kaapse Monsterrol 1713. Verkry uit die transkripsie te: http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/muster-rolls/cape-archives-vc-copies/22-cape-muster-roll-of-1713


(10) 1714: 18 ditto [Feb] Johannes Bastiaanse van Cabo Jong= met Maria Pieterse van Dijk, jongedogter. Uit 'n kopie van die oorspronklike dokument beskikbaar op Familysearch: https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-266-12344-97553-91?cc=1478678&wc=MMLQ-WR7:1755625553


(11) Anno 1716: Den 16de Ditto [Febr:] Francois, soon van van johannis Bastiaanse en Anna Maria Pieterse van Dijk. Getuijgen Anna Maria Pieterse De Leeuw. Verkry uit 'n digitale kopie van die oorspronklike dokument op die webwerf van die First Fifty Years Project: http://www.e-family.co.za/ffy/e2041.htm

(12) Anna 1718: Den 17 April. Johannis, soon van Johannis Bastiaanse en Maria Pieterse. Getuijgen De Vader en Francina Bastiaanse. Verkry uit 'n digitale kopie van die oorspronklike dokument op die webwerf van die First Fifty Years Project: http://www.e-family.co.za/ffy/g10/p10857.htm

(13) Dokumente soos beskikbaar op NAAIRS:
1/STB-18/5 -12 Bastiaansz, Jan. en van Dijk, Maria. Testament (1721)
MOOC-7/1/3 -64 Van Dijk, Maria. Wife of Jan Bastiaansz. Will. (1721)

(14)Kopie van oorspronklike dokument verkry op die webwerf van die First Fifty Years Project: http://www.e-family.co.za/ffy/e1608.htm
Den 24 November 1726 / K: Johannes / V: Hendrik Klopper / M: Katharina Bota / G: Jan Barentzen Sigger / Anna Jans.

(15)Jan Barends Sigger - Anna Cornelisz. Monsterrol 1733. Transkripsie beskikbaar by http://www.eggsa.org/documents/main.php?g2_itemId=33198

(16) MOOC 7/1/6 100, soos vermeld op  http://www.ballfamilyrecords.co.uk/biljon/I141.html>